# Die Globale Veldtog teen Transnasionale Georganiseerde Misdaad sê as politieke sluipmoorde geïgnoreer word, verskraal dit demokratiese keuse, benadeel plaaslike regering en laat misdadigers toe om te besluit wie die mag het. Twee-en-veertig mense is reeds vanjaar dood in vermeende politieke sluipmoorde in Suid-Afrika in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing – die meeste in KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap, Gauteng en die Oos-Kaap. Volgens die organisasie vind die moorde plaas in belangrike verkiesing-mobiliseringspunte, takvergaderings, kandidaatverkiesings en kieserregistrasie-veldtogte.
Organisasie teken ‘n skerp toename aan in politieke sluipmoorde in Suid-Afrika