# KPMG se hoofekonoom, Frank Blackmore, sê veranderings in die wêreldekonomie kan nuwe geleenthede in Afrika skep. Hy sê die groeiende vraag na kunsmatige intelligensie, hernubare energie en elektriese voertuie verhoog die behoefte aan Afrika se minerale en energiehulpbronne. Hy sê Afrikalande benodig beter infrastruktuur, betroubare elektrisiteitsvoorsiening, meer vaardighede en verwerkingsaanlegte om nog beleggings te lok. Blackmore sê ook bekostigbare en betroubare elektrisiteit is belangrik om datasentrums en tegnologie-ondernemings te lok.
KPMG sê Afrika kan baat vind by veranderende wêreldwye beleggingspatrone