# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die ekonoom Franz Ruch aangestel as adviseur en as die sewende lid van die Monetêre Beleidskomitee. Volgens ‘n verklaring het hy uitgebreide kundigheid oor monetêre beleid. Hy was voorheen by die Wêreldbank, waar hy as senior ekonoom gedien het. Ruch het leiding geneem met navorsing, tegniese ontleding en die skryf van publikasies, veral die Global Economic Prospects-verslag. Met hierdie jongste aanstelling is die Monetêre Beleidskomitee vir die eerste keer sedert 2018 weer voltallig.
Reserwebank stel Franz Ruch aan as sewende lid van Monetêre Beleidskomitee