# ’n Australiese egpaar is uiters dankbaar dat hulle gered is nadat ’n potvis hul seiljag naby Nieu-Seeland getref het. Jeremy en Jemma Cooper was saam met twee ander bemanningslede sowat 250 seemyl noord van Norfolk-eiland toe die seiljag begin sink het. Hulle het 17 uur lank op ’n reddingsvlot deurgebring voordat die bemanning van ’n vragskip hulle gered het. Die Coopers sê die reddingsoperasie is uitstekend hanteer en hulle is gelukkig om nog te leef. Ten spyte van die beproewing, is hulle van plan is om gou weer op see te gaan.
Egpaar gered nadat walvis hulle seiljag verwoes