# Die Instituut vir Rasseverhoudings sê die meeste Suid-Afrikaners verwerp bewerings van ‘n wit volksmoord. ‘n Opname in Maart toon 72-persent van deelnemers stem nie met die bewering saam nie, teenoor 19-persent wat saamstem. Die opname het ook bevind 70-persent van deelnemers wil nie hê die regering moet rassekategorieë uit die apartheidsjare gebruik om te bepaal wie werk en sakegeleenthede ontvang nie. Hermann Pretorius van die instituut sê 89-persent glo mense van verskillende rasse het mekaar nodig om vordering te maak en moet gelyke geleenthede hê.
Instituut vir Rasseverhoudings sê meeste Suid-Afrikaners verwerp bewering oor ‘wit volksmoord’