Skip to content

SASSA hersien November se toelaebetalingsdatum weens verkiesing

# Die maatskaplike sekerheidsagentskap SASSA hersien die betaaldatums vir maatskaplike toelaes in November omdat dit met die plaaslike regeringsverkiesing oorvleuel. Begunstigdes sou oorspronklik op 3 November uitbetaal word, gevolg deur die ongeskiktheidstoelaag en die kinderondersteuningstoelaag die volgende twee dae. Die verkiesing vind op 4 November plaas. SASSA sê hy praat met belanghebbendes oor nuwe betaaldatums. Die agentskap het intussen verseker begunstigdes sal steeds hul toelaes ontvang.