# Die EFF verwelkom die Hooggeregshof in Makhanda in die Oos-Kaap se besluit om Julius Malema toestemming te gee om te appelleer teen sy skuldigbevinding in die vuurwapensaak. Hy is verlede jaar skuldig bevind aan oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer en in April tot vyfjaar-tronkstraf gevonnis. Malema is in 2018 verfilm waar hy ʼn geweer in die lug afvuur tydens die party se vyfde verjaarsdagviering in Mdantsane. Die EFF het herhaal dat die saak volgens hom nie oor vuurwapenbeheer gaan nie, maar ʼn polities gemotiveerde vervolging deur AfriForum is.
EFF verwelkom Hooggeregshof-beslissing dat Malema mag appelleer teen vuurwapenvonnis