# President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op Suid-Soedanese leiers gedoen om saam te werk aan blywende vrede en bestendigheid in die aanloop tot die land se eerste algemene verkiesing sedert onafhanklikwording. Ramaphosa het tydens ‘n virtuele beraad van die Afrika-unie oor Suid-Soedan gesê geloofwaardige verkiesings moet gerugsteun word deur ‘n inklusiewe politieke proses, voldoende veiligheid, ‘n duidelike regsraamwerk en genoegsame hulpbronne. Hy het ook die begin van politieke dialoog tussen partye verwelkom: