Skip to content

Ramaphosa gaan Suid-Afrikaners vanaand toespreek oor moorde op vroue in Ekurhuleni

# President Cyril Ramaphosa spreek die land vanaand sewe-uur toe oor die regering se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord. Hy sal ook ‘n oorsig gee oor die ondersoeke na moorde op vroue in Ekurhuleni, Gauteng. Die toespraak volg te midde van toenemende kommer oor geweld teen vroue. Die SABC sal die toespraak uitsaai, en dit word regstreeks op die Presidensie se digitale platforms gestroom.