# Die regering vra Suid-Afrikaners om bloed te skenk aangesien die bloedvoorraad onder druk verkeer. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens benodig drie-duisend-500 eenhede per dag om voorraad van vyf dae vir elke bloedgroep te handhaaf. Die diens beklemtoon bloed kan nie vervaardig word nie, en met ‘n beperkte rakleeftyd is gereelde skenkings noodsaaklik om hospitale van genoeg bloed te voorsien. Regeringswoordvoerder William Baloyi sê die druk op die land se nasionale bloedvoorraad is kommerwekkend.
Bloedvoorraad daal en regering vra dringende skenkings