Skip to content

Minister Godongwana bevestig voormalige DA-lid Burke se maatskappy Kastelo word ondersoek

# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die Reserwebank ondersoek die finansiële maatskappy Kastelo, wat gesamentlik gestig is deur die voormalige voorsitter van die DA se Finansies-komitee, Mark Burke. Dit het na bewering aspekte van sy sakemodel verkeerd voorgestel. Kastelo het ook kliënte se eenmalige diskresionêre toelaes en buitelandse beleggingstoelaes gebruik om fondse vir sy eie sake-doeleindes oorsee te skuif. Buitelandse valuta-transaksies beloop ongeveer vier-miljard-rand. Godongwana sê die bank het gevalle identifiseer waar sekere kliënte skynbaar onbewus was dat buitelandse bankrekeninge in hul name geopen is.