# Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku ʼn groot kuberaanval kan die volgende ernstige wêreldwye finansiële krisis veroorsaak. Hy het gister in Johannesburg die hoofrede oor Afrika en geopolitiek gelewer by die derde forum van die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection. Kganyago sê toenemende wanorde wêreldwyd, aangedryf deur geopolitiek, klimaatskokke, die gevare van kunsmatige intelligensie en hoë skuldvlakke, skep beleidsrisiko’s en bedreig finansiële bestendigheid. Hy vra dat doeltreffende regulatoriese en sekerheidsmaatreëls ingestel word om die finansiële stelsel te beskerm:
Kganyago waarsku volgende wêreldwye finansiële ineenstorting kan deur groot kuberaanval veroorsaak word [KLANK]
ENG KganyagoOnShocks