# Die DA verwelkom die Spesiale Ondersoekeenheid se terugvordering van 42-miljoen-rand wat verband hou met die korrupsieskandaal by die Tembisa-hospitaal. Die party voer egter aan die verhaling van belastingbetalers se geld is nie genoeg nie, en dring aan die hele korrupsienetwerk moet ondersoek word sodat diegene wat daarvoor verantwoordelik is, aan dissiplinêre of strafregtelike stappe onderwerp word. Madeleine Hicklin van die DA dring aan by Gautengse Departement van Gesondheidom verkrygingsbeheermaatreëls te verskerp en enige oorblywende fondse wat weens beweerde korrupsie verlore gegaan het, te verhaal:
DA sê terugvordering alleen is nie genoeg in die Tembisa-korrupsiesaak nie [KLANK]
ENG HicklinOnAssetRecovery