# Die polisie stel ondersoek in nadat die liggaam van ‘n elfde vrou gister langs ‘n spoorlyn in Struisbult, Springs, in Ekurhuleni gevind is. Die liggaam is volgens berigte opgemerk deur ‘n patrollievoertuig van ‘n sekuriteitsmaatskappy wat roetinepatrollies in die gebied uitgevoer het. Die jongste vonds volg te midde van ‘n voortgesette ondersoek na ‘n reeks liggame wat die afgelope maande regoor Ekurhuleni gevind is. Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê ondersoekers sal die ooreenkomste tussen die moorde ondersoek:
Liggaam van elfde vrou in Springs, Ekurhuleni, gevind [KLANK]
ENG MthombeniOnCases