Skip to content

OUTA sê City Power se afsondering van fondse moet tot beter dienslewering lei

# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê City Power se besluit om elektrisiteitsinkomste af te sonder, is ‘n stap in die rigting van ‘n verbeterde elektrisiteitsnetwerk vir Johannesburg. Inwoners moet egter sien dat die geld wel aangewend word om die kragnetwerk te verbeter. Vanaf die eerste van volgende maand sal 70-persent van die elektrisiteitsinkomste wat deur die stad ingesamel word, binne 48-uur aan City Power oorbetaal word, terwyl die stad 30-persent behou. Julius Kleynhans van OUTA waarsku dat die afsondering van fondse nie korrupsie, verkwisting, elektrisiteitsverliese en swak finansiële beheermaatreëls sal aanspreek nie.