Skip to content

Cachalia sê Rhoode het nie Phala Phala-strafsaak probeer keer nie

# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê daar is geen bewyse nie dat die hoof van die Presidensiële Beskermingseenheid, Wally Rhoode, ná die diefstal in 2020 op president Cyril Ramaphosa se plaas, Phala Phala, in Limpopo, die saak probeer keer het. Chachalia het in ‘n skriftelike antwoord op ‘n vraag deur die EFF, gesê dit was die plaasbestuurder, Hendrick von Wielligh, se verantwoordelikheid om die saak oop te maak en Rhoode was nie die eerste persoon op die toneel nie. Hy sê die bewering dat Rhoode die saak probeer keer het, kon nie bewys word nie.