# Bek-en-klouseer is in Namibië aangemeld nadat tien beeste op ‘n kommersiële plaas in die Karasburg-staatsveeartsdistrik in die Khara-streek positief getoets het. Dit volg terwyl Suid-Afrika met sy ergste uitbreking van die siekte worstel en die regering beplan om 80-persent van sy nasionale beeskudde van sowat 14-miljoen diere in te ent. Die waarnemende minister van Landbou, Visserye, Water en Grondhervorming, doktor Charles Mubita, sê die uitbreking het die regering genoop om onmiddellike beheermaatreëls kragtens die Wet op Dieregesondheid in te stel:
Namibië skort beweging van spleethoefdiere op weens bek-en-klouseer-uitbreking
ENG MubitaOnRestrictions