# Die Pretoriase Landdroshof het die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala se vrou, Tsakane, en haar medebeskuldigdes, Claudette Masethe en Given Makofane, 20-duisend-rand borgtog elk toegestaan in ‘n huurkontrak-bedrog- en korrupsiesaak. Cat Matlala bly intussen in aanhouding in die Kgosi Mampuru-gevangenis in dieselfde saak. Die beskuldigdes word aangekla van die gebruik van bedrieglike dokumente en vervalste bankstate om ‘n eiendom in Waterkloofrif, Pretoria, te huur. Die saak is tot 29 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek en sodat die verdediging die dossier kan ontvang.
Matlala se vrou en medebeskuldigdes kry borgtog van R20 000 in bedrogsaak