Skip to content

Suid-Afrika benodig R129,9-miljard vir herlewing van raffinaderye

# Suid-Afrika sal moontlik meer as 129,9-miljard-rand nodig hê om twee staatsbeheerde raffinaderye wat tans buite werking is, weer in bedryf te stel om sodoende energiesekerheid te versterk. Die Sentrale Energiefonds sê die heraktivering van SAPREF in Durban kan ongeveer 116,1-miljard-rand beloop, met ‘n finale beleggingsbesluit wat vir 2027/28 beoog word. Die gas-tot-vloeistof-raffinadery in Mosselbaai sal in fases heropen, met die eerste fase wat ongeveer 5,8-miljard-rand sal kos en produksie van agtien-duisend vate per dag teiken. ‘n Tweede fase sal nog 8,5-miljard-rand kos en die produksie tot 46-duisend vate per dag verhoog.