# President Donald Trump se administrasie beplan om oor die volgende 12 maande nog 17-duisend-500 vlugtelinge, veral Afrikaners uit Suid-Afrika, te verwelkom. Trump het herhaaldelik gesê Afrikaners staar weens hulle ras vervolging in die gesig, maar die Suid-Afrikaanse regering ontken dit. Hierdie hervestigingspoging sal die Amerikaanse regering na raming sowat 8,11-miljard-rand kos. Amerika se Departement van Buitelandse Sake het aan die Kongres gesê hy verwag dat Afrikaners uit Suid-Afrika ten volle by Amerika sal integreer op ʼn wyse wat belastingbetalers-hulpbronne vir Amerikaanse burgers sal bewaar.
Amerika beplan om nog 17-duisend-500 vlugtelinge te verwelkom, hoofsaaklik Afrikaners uit Suid-Afrika