# Politieke partye en onafhanklike kandidate wat aan die plaaslikeregeringsverkiesing in November deelneem, gaan vandag die Gedragskode in Midrand, Gauteng, onderteken. Hulle sal hul toewyding bevestig om die Verkiesingsgedragskode na te kom en die nuwe Kode oor die Bekamping van Waninligting te ondersteun. Die kode sit die gedragstandaarde tydens die verkiesingstydperk uiteen, met gevolge soos deur die wet bepaal indien dit oortree word. Volgens die Verkiesingskommissie is 136-duisend-790 kandidate gesertifiseer om mee te ding vir tien-duisend-526 raadsetels.
Politieke partye en onafhanklike kandidate gaan vandag Verkiesingsgedragskode onderteken