# Die landbou-organisasie TLU SA verwelkom die regering se besluit om die privaat sektor te betrek by die produksie van bek-en-klouseer-entstof in Suid-Afrika. Die Landbounavorsingsraad het ʼn voorstel van die minister van Landbou, Willie Aucamp, aanvaar om privaat maatskappye wat kwalifiseer toe te laat om die raad se intellektuele eiendom te gebruik om die entstof op groot skaal te vervaardig. Die regering wil produksiebeperkings te midde van die uitbreking aanspreek. Bennie van Zyl van TLU SA sê dis ʼn belangrike stap om die land se landbousektor te beskerm:
TLU SA verwelkom privaat sektor se hulp met tekort aan bek-en-klouseer-entstof [KLANK]
AFR ZylONVaccineProduction