# Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad sê vanjaar se Wêreld-koesisterdagkompetisie toon hoe plaaslike bestanddele op nuwe maniere gebruik kan word. Die Kaapstadse sjef Huwitt Strydom het die kompetisie by Makers Landing in die V&A Waterfront gewen deur Rooibos in die tradisionele Kaaps-Maleise koesister te gebruik. Rooibos was vanjaar se erfenisbestanddeel, ná spekboom verlede jaar. Adele du Toit van die raad sê die kombinasie van Rooibos met ‘n Kaaps-Maleise gunsteling vier Suid-Afrika se voedselerfenis, terwyl dit terselfdertyd ‘n vars kinkel aan tradisionele bestanddele gee.
Rooibos in kollig tydens Erfenismaand se koesisterkompetisie