# Die Spesiale Ondersoekeenheid het vandag toegeslaan op die perseel van die Reguleringsowerheid vir die Private Sekuriteitsbedryf in Centurion. Die Spesiale Tribunaal het verlede Donderdag ‘n lasbrief vir deursoeking en beslaglegging uitgereik om dokumente te bekom in ‘n voortgesette ondersoek na ‘n 130-miljoen-rand opleidingskontrak van die Werkloosheidsversekeringsfonds vir meer as sewe-duisend leerders landwyd. Die SOE se woordvoerder, Selby Makgotho, sê PSIRA het slegs gedeeltelik aan versoeke om dokumentasie voldoen en ‘n jaar se dokumentasie weggelaat, dus was ‘n klopjag die laaste uitweg.
Ondersoekeenheid voer klopjag uit by PSIRA oor WVF-kontrak van R130-miljoen