# Nasionale polisie-woordvoerder Athlenda Mathe sê dis moontlik dat nog slagoffers na vore kan kom ná die inhegtenisneming van ‘n senior offisier in Sandton, Johannesburg, op aanklagte van seksuele misdrywe. Sy het buite die Randburgse Landdroshof gepraat tydens die beskuldigde se eerste verskyning. Mathe het enigiemand wat geraak is of oor inligting beskik, aangemoedig om dit aan te meld. Sy het benadruk daar is nul-verdraagsaamheid teenoor geslagsgeweld en vrouemoord binne die Polisiediens:
Mathe vra nog slagoffers moet na vore kom in saak van senior SAPD-offisier [KLANK]
ENG-MatheOnVictims