Skip to content

Wes-Kaapse regering spit eerste sooi vir Napierse behuisingsontwikkeling van R32,8-miljoen [KLANK]

# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, het die eerste sooi gespit op die Terrein A-behuisingsprojek van 32,8-miljoen-rand in Napier. Die ontwikkeling sluit in 157 erwe met 147 wat goedgekeur is vir enkelvlak-wooneenhede, en finansieringsmoontlikhede vir mense wat hul eerste huis koop. Al 157 erwe is gediens en oorhandig. Simmers sê beplanning is reeds aan die gang vir Napier se Terrein B, wat sowat 400 moontlike behuisingsgeleenthede sal bied:

AFR SimmersOnNapierHousing