# Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, glo oudpresident Thabo Mbeki is weens sy goeie ervaring as staatsman en onderhandelaar die beste persoon om die diplomatieke dooiepunt tussen Amerika en Suid-Afrika te hanteer. Dit volg nadat Amerika nuwe visumbeperkings aangekondig het op Suid-Afrikaners wat by rassediskriminasie betrokke is. Bozell het aan Business Day gesê Mbeki verstaan die werking van internasionale diplomasie en ekonomiese betrokkenheid op die hoogste vlak. Hy sê wat die hantering van basiese ekonomiese raamwerke betref, is iemand nodig wat in albei lande gerespekteer word.
Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika sê Thabo Mbeki is die beste persoon om die diplomatieke dooiepunt te hanteer