Skip to content

SOS-koalisie vra sterker voorspraak vir openbare diensmedia in Suider-Afrika

# Die SOS Support Public Broadcasting-koalisie doen ‘n beroep op sterker voorspraak ter ondersteuning van openbare diensmedia regoor Suider-Afrika. Dit volg na die koalisie se derde jaarlikse simposium oor openbare diensmedia in Johannesburg, wat belanghebbendes uit die mediasektor van Suid-Afrika, Botswana, Malawi, Namibië en Zimbabwe byeengebring het. Tydens die vergadering is ‘n vyfpuntplan aanvaar om openbare diensmedia te verbeter en streeksamewerking te versterk. Uyanda Siyotula van die koalisie sê openbare uitsaaidienste het volgehoue steun nodig om onafhanklik en toepaslik te bly in ’n veranderende digitale omgewing.