# AfriForum sê die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sal strafregtelik vervolg word oor uitlatings wat hy gemaak het oor ‘n beweerde kinderverkragting by die Bergview College in Matatiele in die Oos-Kaap. Die Nasionale Vervolgingsgesag het ingestem om die saak te vervolg. Mbalula sluit dus aan by die EFF-leier, Julius Malema, wat teregstaan op ‘n soortgelyke aanklag. Gerrie Nel van AfriForum sê Mbalula se uitlatings het die kollege se skoolhoof, Jaco Pieterse, verkeerdelik betrek en dit skend sy waardigheid:
AfriForum sê Mbalula word saam met Malema vervolg vir Bergview-verkragtingsbewerings [KLANK]
ENG NelOnMbalula