# Die FW de Klerk-stigting het hom gedistansieer van uitlatings deur sy uittredende uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, oor spanning tussen Suid-Afrika en Amerika. News24 berig die stigting sê Van der Rheede het ongemagtigde verklarings gemaak nadat hy sy bedanking ingedien het. Die stigting het hom ook die reg ontneem om tot en met sy uittrede aan die einde van die jaar alleen namens die organisasie te praat. Die raad het ‘n komitee aangewys om tydens die oorgangstydperk toesig te hou oor uitvoerende besluite en openbare verklarings.
FW de Klerk-stigting distansieer hom van uittredende direkteur se uitlatings oor Amerika en Suid-Afrika