# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, veroordeel die skietdood van die bekende renjaer, Robert Wolk, in ʼn padwoedevoorval verlede week in Kemptonpark. Wolk, ʼn veelbekroonde renjaer met ʼn loopbaan van byna drie dekades, het talle nasionale titels gewen, insluitend agtereenvolgende SA GTC-kampioenskappe en seges in die Simola Hillclimb. Drie verdagtes is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die provinsiale regering se woordvoerder, Sizwe Pamla, sê Wolk was ʼn ware ambassadeur vir Suid-Afrikaanse motorsport:
Premier Lesufi veroordeel moord op motorsport-kampioen Robert Wolk [KLANK]
ENG PamlaOnWolkShooting