Skip to content

Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis Micah Reddy vermis in Djiboeti

# Die Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis, Micah Reddy, en sy plaaslike helper, Kooki Mahmoud, word volgens berigte in Djiboeti in Oos-Afrika vermis. Die omstandighede rondom die verdwyning van die twee mans, wat Saterdagmiddag vermis geraak het, is onbekend. Reddy is die Afrika-koördineerder by die Internasionale Konsortium van Ondersoekende Joernaliste. Hy sou na verwagting vandag die land verlaat. Die Komitee vir die Beskerming van Joernaliste het ‘n beroep op die owerhede gedoen om onmiddellik inligting oor hul doen en late te gee en hul veiligheid te verseker.