Skip to content

Party vra verwydering van digte plantegroei om misdaad te bekamp

# Die Security Personnel Party of South Africa vra munisipaliteite om digte bosse te verwyder en stukkende straatligte reg te maak, omdat verwaarloosde gebiede skuiling aan misdadigers bied. Die party se president en stigter, Sello Mashula, sê dit is veral kommerwekkend ná die ontdekking van verskeie liggame in Ekurhuleni. Mashula het ook gevra dat dringende aandag geskenk word aan verlate geboue en verwaarloosde grond wat aan staatsentiteite en privaat ondernemings behoort. Hy sê skoner, beter verligte roetes kan veiligheid verbeter, hoewel dit opsigself nie misdaad sal beëindig nie.