# Elizabeth “Tsontso” Moselakgomo word vandag in Phake-Ga Rankaila in Mpumalanga ter ruste gelê. Die 38-jarige is een van nege vroue wie se liggame in Ekurhuleni gevind is. Moselakgomo het verlede week verdwyn nadat sy haar huis in Rhodesfield, Kemptonpark, vir ‘n middag-drafsessie verlaat het. Die polisie sê haar agtjarige dogter het familielede in kennis gestel toe sy nie teruggekeer het nie. Haar liggaam is drie dae later agter ‘n hotel in Kemptonpark gevind. Sy word onthou as ‘n vredeliewende vrou.
Tsontso word vandag ter ruste gelê