# ‘n Vier-en-twintig-jarige vrou wat verkeerdelik as die negende slagoffer in die Ekurhuleni-moorde geïdentifiseer is, leef nog. Newzroom Afrika berig Teballo Monamodi het gister veilig teruggekeer na haar huis in Vosloorus. Daar is vroeër berig Monamodi is die slagoffer nadat haar gesin haar in die staatslykshuis uitgeken het. Die negende liggaam wat vroeër hierdie week ontdek was, is dus nog nie geïdentifiseer nie. Die polisie ondersoek of die moorde met mekaar verband hou en versoek gemeenskappe om net op amptelike inligting te vertrou.
Vrou verkeerdelik geïdentifiseer as negende Ekurhuleni-slagoffer leef nog