# Motorsport: Die veteraanrenjaer Marcel Angel is dood ná ‘n ernstige voorval tydens ‘n motorwedren gister op die Killarney Internasionale Renbaan in Kaapstad. Motorsport Suid-Afrika het bevestig die 62-jarige is dood toe hy aan die eerste wedren van die Extreme SuperCars-kategorie tydens die National Extreme Festival deelgeneem het. Die res van Saterdag se program is daarna gekanselleer. Angel was lank ‘n lid van die Suid-Afrikaanse motorsportgemeenskap, en die organiseerders en Motorsport Suid-Afrika het hulde aan hom gebring. Die organiseerders van die Extreme Festival vra dat sy gesin se privaatheid gerespekteer word.
Motorsport: Renjaer sterf in voorval op Killarney Renbaan