Skip to content

ACDP kritiseer polisiereaksie op Ekurhuleni-vrouemoorde [KLANK]

# Raadslid Palesa Yates van die African Christian Democratic Party het na aanleiding van die liggame van nege vroue wat oor ‘n tydperk van twee maande in Ekurhuleni gevind is, gesê die polisie het vroue in die steek gelaat. Yates meen doeltreffender patrollies deur die Ekurhuleni-metropolisie kon die moorde voorkom het. Sy het die owerhede gekritiseer omdat hulle te lank geneem het om alarm te maak oor ‘n moontlike reeksmoordenaar. Sy het ook die afdanking van Julius Mkhwanazi, die voormalige adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, ná ‘n dissiplinêre proses verwelkom.

ENG-YatesOnPolice