# Die Sportraad van Rhodes-universiteit in die Oos-Kaap sê mense wat skuldig is aan geslagsgeweld en vrouemoord moet aanspreeklik gehou word, nie die slagoffers nie. Die raad se voorsitter, Sue Smailes, het tydens ‘n studente-geleide optog gepraat oor die dood van nege vroue in Ekurhuleni. Sy sê daar word dikwels van slagoffers verwag om hul gedrag te verander, eerder as om oortreders tot verantwoording te roep. Smailes beskryf geslagsgeweld as ‘n nasionale krisis en vra daadwerklike optrede vanaf die strafregstelsel:
Rhodes Universiteit vra daadwerklike optrede teen geslagsgeweld [KLANK]
ENG-SmailesOnGBV