# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, is in Washington vir ‘n reeks diplomatieke gesprekke ná die nuwe Amerikaanse visumbeperkings gemik op sekere Suid-Afrikaners. Lamola sal ‘n geleentheid van die Congressional Black Caucus Foundation bywoon en met lede van die Amerikaanse Kongres vergader voordat hy New York toe gaan vir die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering. Suid-Afrika verwerp Amerika se bewerings en sê dit is ‘n wanvoorstelling van die land se binnelandse beleid. Lamola sal na verwagting ook saam met die Amerikaanse senator, Bernie Sanders, ‘n geleentheid in New York bywoon.
Lamola voer gesprekke in Amerika te midde van sanksies