# Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Somadoda Fikeni, waarsku aanbevelings deur die Madlanga-kommissie kan teenkanting ervaar nadat die ondersoek afgehandel is. Fikeni het voor die kommissie gesê dit kan regshindernisse, beperkte hulpbronne, administratiewe prosesse of institusionele afhanklikhede insluit, eerder as algehele weiering om die aanbevelings uit te voer. Hy sê die sukses van ‘n kommissie moet gemeet word aan wat ná sy verslag gebeur, insluitend duidelike aanspreeklikheid, voldoende hulpbronne, vorderingsverslae en onafhanklike bevestiging dat die aanbevelings toegepas word:
Fikeni waarsku oor teenkanting teen aanbevelings van Madlanga-kommissie [KLANK]
ENG-FikeniOnWarning