Skip to content

Minister Lamola in Amerika dae nadat Trump-administrasie nuwe visumbeperkings aankondig

# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, is op ‘n werkbesoek aan Amerika waar hy ‘n reeks afsprake in Washington het voor die 81ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York. Sy besoek volg net dae nadat die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, nuwe visumbeperkings aangekondig het vir Suid-Afrikaners wat beskuldig word van rassediskriminasie en beslaglegging op grond sonder vergoeding. Lamola, wat Washington se aantygings verwerp, gaan die Swart Koukus-stigting van die Kongres bywoon en verskeie hoflikheidsgesprekke hê met kongreslede.