# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het die Internasionale Handelsadministrasie-kommissie versoek om Suid-Afrika handelsbeleid oor papierprodukte te hersien. Dit volg op versoeke van plaaslike vervaardigers vir hoër pryse vir internasionale papierprodukte aangesien hulle sukkel om mee te ding met goedkoper ingevoerde produkte, hoër elektrisiteit en vervoerkoste, en druk op winsgrense. Tau sê as hierdie uitdagings nie suksesvol aangespreek word nie, staan die ekonomie gevaar om belangrike industriële beleggings, werkgeleenthede en die ekonomiese bestendigheid van verskeie plattelandse gemeenskappe wat op hierdie sektor aangewese is, te verloor.
Minister Tau versoek hersiening van Suid-Afrika se handelsbeleid oor papierprodukte