Skip to content

Organisasie bepleit waaksaamheid nadat negende vrou se liggaam in Ekurhuleni gevind is [KLANK]

# Missing In Southern Africa ​​veroordeel geslagsgeweld nadat ‘n negende vrou se liggaam in Ekurhuleni, Gauteng, ontdek is. Die organisasie sê die jongste voorval in Dawnpark volg op soortgelyke ontdekkings in gebiede soos Kemptonpark en KwaThema. Woordvoerder Priya Ranchod sê elke slagoffer verteenwoordig ‘n verpletterde gesin. Sy vra dat vermiste persone dringend aangemeld word, aangesien die eerste paar uur uiters belangrik is om leidrade te bekom en mense veilig op te spoor:

ENG-RanchodOnMissing