Skip to content

Raad vra Gautengse gesinne om te help met identifisering van liggame

# Die Nasionale Raad oor Geslagsgeweld en Vrouemoord vra gesinne in Gauteng wie se geliefdes vermis word om na vore te kom en te help met die DNS-identifisering van vermoorde vroue. Dit volg nadat die liggame van nege vroue sedert Julie in Ekurhuleni ontdek is, met van hulle wat glo tekens van seksuele geweld toon. Die raad sê die polisie het weer beklemtoon daar is geen wagtydperk om ‘n vermiste persoon aan te meld nie. Gesinne is gevra om vermiste persone onmiddellik by hul naaste polisiestasie aan te meld.