Skip to content

Nasionale Tesourie sê Eskom se ontbondeling sal versigtig bestuur word om risiko’s te hanteer

# Die Nasionale Tesourie sê die regering sal seker maak Eskom se ontbondelingsproses word versigtig beplan en bestuur om alle risiko’s te hanteer. Die proses om eienaarskap en beheer van die kragverskaffer se netwerkbates aan ʼn onafhanklike transmissiestelsel-operateur oor te dra, gaan voort. Die operateur sal toesig hou oor die stelsel en bemarking, en die ontwikkeling van ʼn mededingende groothandel-elektrisiteitsmark. Die Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê die transaksie sal so gestruktureer word dat Eskom nie swakker daaraan toe is nie, die transmissie-entiteit finansieel volhoubaar is en die fiskale strategie op koers bly.