# Die DA het ‘n bykomende kontantbeloning van 500-duisend-rand aangebied vir inligting wat kan help met die ondersoek na die dood van agt vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni. Die polisie het reeds ‘n kontantbeloning van 400-duisend-rand aangebied. Twee van die agt liggame is geïdentifiseer, terwyl die identiteit van die oorblywende ses slagoffers steeds onbekend is. Die DA-burgemeesterskandidaat vir Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, sê enigiemand met inligting moet na vore kom om die polisie te help om strafregtelike vervolging te verseker:
Die DA voeg R500 000 by die beloning vir inligting oor die Ekurhuleni-moorde [KLANK]
ENG RasilingwaneOnSafety