Skip to content

ANC veroordeel vrouemoorde in Ekurhuleni en vra vinnige geregtigheid

# Die ANC veroordeel die sinnelose en grusame moorde op vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni, en sê dit vestig aandag op die realiteit van geslagsgeweld en vrouemoorde in Suid-Afrika. Agt vermoorde vroue is die afgelope maande aan die Oos-Rand gevind. Die ANC sê die polisie moet die sake dringend ondersoek en die oortreders voor die gereg bring. Hy sê die nasionale reaksie moet verder strek as veroordeling, en vra volgehoue pogings tot voorkoming, polisiëring, ondersteuning aan oorlewendes, vervolging en aanspreeklikheid.