# Die burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, het sy kommer uitgespreek oor die vrees in gemeenskappe wat die oorhand kry en gesê die moorde op vroue in en om die metro het ‘n krisispunt bereik. Die polisie ondersoek die moorde op agt vroue wie se liggame in en om Kemptonpark gevind is. Speurders en gespesialiseerde polisiespanne ondersoek moontlike verbande tussen die sake. Xhakaza het die noodsaaklikheid van omvattende reaksie beklemtoon en uitgebreide dekking deur videokameras en beter instandhouding van openbare gebiede belowe.
Die burgemeester van Ekurhuleni sê die moorde op vroue het ‘n krisispunt bereik [KLANK]
ENG XhakazaOnCase