# Die Kommissie vir Geslagsgelykheid vra dringende optrede nadat ses vroue se liggame die afgelope twee maande in Ekurhuleni aan die Oos-Rand gevind is. Woordvoerder Javu Baloyi sê vroue behoort nie hul leefwyse aan te pas of vryheid in te perk om veilig te voel nie. Die kommissie vra ‘n onmiddellike veiligheidsoudit wat die polisie, munisipaliteit, vervoer-owerhede en gemeenskaps-veiligheidstrukture betrek. Dit moet onder meer kyk na straatbeligting, toesigmaatreëls, voetganger-roetes, openbare vervoerpunte en polisie-sigbaarheid. Baloyi vra inwoners om enige inligting wat kan help aan die polisie deur te gee.
Kommissie vra veiligheidsoudit ná dood van ses vroue aan Gautengse Oos-rand