Skip to content

Internasionale Dag vir Demokrasie om stand van demokrasie wêreldwyd te hersien

# Vandag is Internasionale Dag vir Demokrasie met die tema “Fokus op Menseregte”. Volgens die Economist Intelligence Unit Democracy Index is daar ‘n mate van demokratiese klassifikasie in ongeveer 165 lande en gebiede. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê dis belangrik om mense uit alle gemeenskappe bymekaar te bring om besluitneming te verryk, vertroue te bevorder en meer vreedsame, inklusiewe en veerkragtige samelewings te bou. Hy sê demokrasie word versterk wanneer mense dialoog bo verdeeldheid kies, en samewerking bo konfrontasie.